Eierleier

Anatomie van die vroulike geslagsorgane:
1. Eierleier, 2. Fimbriae, 3. Blaas, 4. Skaambeen, 5. Para-uretrale kliere, 6. Urineleier, 7. Klitoris, 8. Vestibulêre bol, 9. Labia minora, 10. Labia majora, 11. Eierstok, 12. Dikderm, 13. Baarmoeder, 14. Forniks, 15. Serviks, 16. Rektum, 17. Vagina 18. Anus 19. Klier van Bartholin

Die Fallopiusbuise of eierleiers is deel van die geslagsorgane van die vroulike soogdier. In die buise is sweephare, of silia, wat ’n ryp eiersel van die eierstokke na die baarmoeder vervoer. In gewerweldes wat nie soogdiere is nie, is die ekwivalent ovidukte.

Embrio's het twee pare buise wat gamete uit die liggaam sal vervoer; een paar ontwikkel in vroue tot die Fallopiusbuise, baarmoeder en vagina, terwyl die ander paar in mans ontwikkel tot die bytestes en saadleiers.

Gewoonlik ontwikkel net die een paar buise, terwyl die ander paar kleiner raak en eindelik verdwyn.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search